AGS Nuwe Lewe - Worcester

Alombekend in Worcester as die "Kerk op die Bult" het die
AGS Nuwe Lewe gemeente reeds op 17 Februarie 1934 onstaan.

Ons strewe daarna om 'n gemeente te wees wat toegerus is om die uitdagings van vandag aan te spreek. Ons poog om nie net die "kerk op die bult" te wees nie, maar 'n geestelike "stad wat op die berg" gebou is.

Maak Dissipels van al die nasies

Ons wil die hele Evangelie van Jesus Christus aan die hele gemeenskap van Worcester verkondig. 

Dit word gedoen deur middel van ons kerkdienste, gebedstye en selbyeenkomste. Die gemeente is aktief betrokke by evangelisasiewerk en ons streef daarna om van elke nuwe bekeerling 'n ware dissipel van Jesus Christus te maak.

 

Baie dankie vir u besoek by ons webwerf. Indien daar enige inligting is wat u nie kan vind nie, nooi ons u uit om ons kerkkantoor te kontak.