Hulpsorg
Die Gemeente se Vroue is, soos 'n Dorkas van ouds, betrokke by verskeie "Hulpsorg" aksies in die gemeente.
Hand 9:36
"En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het."
Onder die leierskap van Erna Victor word dienste voorsien aan gemeentelede ouer as 60 jaar asook aan gemeentelede wat spesiale "Hulpsorg" benodig.
Behoefte Bepaling
Behoefte Bepaling:
Wanneer ons bewus word van 'n behoefte, word 'n behoefte-bepaling gedoen. Daarna word die persoon / persone by ons hulpprogram ingeskakel vir 'n tydperk soos deur die komitee bepaal.
Bejaardes en Gestremdes
Bejaardes en Gestremdes:
Vir ons bejaardes asook ons gestremdes gee ons 'n geskenkie met hulle verjaarsdae. CD opnames van Sondae se dienste is vir almal beskikbaar wat nie dienste kan bywoon nie.
Aan die einde van elke jaar bied ons 'n ete vir ons lidmate wat bo 60 jaar oud is.
Kontak Inligting
Indien u meer inligting wil hê oor Hulpsorg - kontak asseblief vir Erna Victor by ons Kerkkantoor of stuur 'n e-pos aan ernavic@gmail.com