Jeug - Tieners "Gaan dan heen , maak dissipels van al die nasies......!"

Die Missie en Visie van die jeug is tov die groot opdrag wat deur Jesus aan sy dissipels gegee is net voordat Hy opgevaar het hemel toe.

Matheus 28:19 

"...Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."

 

Ons as tieners is geroep om n ware dissipel van Jesus te wees in alle areas van ons lewe. En dit uit te leef na buite

 

Missie en Visie

Missie en Visie:

IOG (Imitators of God)

Ons missie is sodat elke tiener n ware dissipel van Jesus sal wees, ons help so dat hulle as totale mens sal groei en gesond sal wees – gees, siel en liggaam – ook so dat hulle, hul volle potensiaal as geroepene kind van God kan uit leef.

Daar word n pad met hulle gestap, sodat elkeen van hulle tot bekering kan kom en wedergeboorte kan deur gaan, hulle genesing kan kry in alle areas van hul lewe, geleer te word, toegerus te word, gemobilisser te word en dan weer uit te gaan en te doen soos hulle geleer is. Om ook so dan tot n geestelike volwassenheid te kan groei en as n volgehoue kind van God die eindstreep te behaal.

Tiener Aktiwiteite

Tiener Aktiwiteite:

Die tiener aktiwiteite is so ingerig sodat ons die volkome tiener kan bedien.

Indien u enige verdere inligting verlang - kontak asseblief die Kerkkantoor by Tel:  (023) 347 2188 of e-pos  by agsadmin@agsnuwelewe.org.za