Tolk Bediening

AGS Nuwe Lewe het reeds vir ‘n aantal jare die fasiliteit om die Afrikaanse preek in Engels te tolk. Hierdie fasiliteit is hoofsaaklik geskep vir lede van die nabygeleë YWAM-basis en is ook beskikbaar vir ander besoekers wat nie Afrikaans verstaan nie.

Hoe word die Tolk Diens geimplementeer?

Daar is sitplekke in die agsterste ry van die kerk wat gereserveer is vir sodanige besoekers. Hulle maak gebruik van die kerk se oorfone of hulle eie wat hulle net kan inprop en dan is hulle met die tolk verbind. Die tolk sit in 'n tolkkamertjie, waar hy/sy luister na die Afrikaanse preek en dit dan regstreeks in Engels vertaal en dmv ‘n mikrofoon uitsaai na die luisteraars

Wie dien as tolke?

Daar is tans 5 gemeentelede wat om die beurt diens doen as tolke. Die getal besoekers wat die diens benut wissel tussen 1 of 2 en 30 persone.

Dandeline Couvaras vertolk die Afrikaanse boodskap tydens 'n Sondagoggend diens
Dandeline Couvaras vertolk die Afrikaanse boodskap tydens 'n Sondagoggend diens