Selgroepe
Selgroepe vorm ‘n integrale deel van AGS Nuwe Lewe se visie. Dit is hier in die kleiner groepe waar ware Dissipelskap toerusting kan plaasvind. Binne so ‘n selgroep-byeenkoms:-
- Word die Woord van die Here bestudeer.
- Sellede word geleer om verantwoordbaar te wees ten einde hulle geloof in dade om te sit
- Sellede gee aan mekaar fisiese, emosionele en geestelike ondersteuning.
Kyk na die "Tab's" hieronder om meer inligting oor ons Selgroepe en die struktuur te verstaan:-
'n Dissipel
Wat is ‘n Dissipel?
'n Dissipel is ‘n persoon wat Jesus Christus waarlik aangeneem het as Persoonlike Saligmaker. Daarom vind die volgende in die persoon se hart plaas:-
- Dit is ‘n dissipel se harts-begeerte om die Here in alles te gehoorsaam.
- n Dissipel is daarop ingestel om persoonlik "Geestelik" te groei tot die volle potensiaal wat Jesus Christus verwag.
- 'n Dissipel ervaar ook ‘n innerlike dringendheid om die Evangelie van Jesus Christus aan ander te vertel.
Die Bybel as Model
Selgroep Model?
Die model van selgroepe word gebaseer op die Bybel. Deur hierdie voorbeeld te volg, glo ons dat ons elke gelowige kan help om te groei as Dissipel en as navolger van Jesus Christus!
Hand 2:46-47
"(46)En dag vir dag het hulle [die gelowiges] eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, (47)terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is."
Selgroepe skep 'n belangrike geleentheid vir gelowiges om 'n verhouding met hul "Mede-dissipels" te ontwikkel deurdat ;-
- Elke lidmaat is aktief deel van 'n selgroep (Fellowship through groups)
- Elke lidmaat word toegerus vir gawe-gerigte dienswerk (Equip the Saints)
- Die Selgroep sal vermenigvuldiging nastreef! (Evangeliseer – Groei en vermenigvuldig)
- ware dissipel van Jesus te wees.
Die Selgroep
Waaruit bestaan die Selgroep
'n Selgroep bestaan uit 5 tot 15 persone. Omdat die groepe baie kleiner is as die gemeente, leer die sellede mekaar baie goed ken en vertrou. Selgroepe kom ten minste weekliks bymekaar, bo en behalwe die weeklikse kerkdienste.
Elke selgroep word deur ‘n toegeruste selleier gelei. Alhoewel daar besliste grense getrek is waarbinne die selgroepe moet funksioneer word die selgroepe toegelaat om vry binne die grense te funksioneer. Elke selgroep het sy eie identiteit en elke selgroep beweeg vorentoe teen die spoed wat vir die spesifieke groep gemaklik is.
Struktuur
Struktuur van Selgroep Bediening
Elke Sel het 'n "Sel-leier" wat deur 'n "Assistent- leier" ondersteun word . Hierdie Assistent-leier kan dan ook waarneem as die Sel-leier nie beskikbaar is nie.
Indien die sel naderhand groei tot meer as vyftien sellede, kan die sel in twee verdeel word en die "Assistent-selleier" sal dan verantwoordelikheid kan neem, om die nuwe groep, te lei.
Pastoor Robert Pickworth verskaf die Pastorale ondersteuning aan die selgroepe en die Selleiers
Let Wel: Indien u meer inligting wil bekom oor Selgroepe - kontak asseblief die Kerkkantoor by (023) 347-2188 of stuur 'n e-pos aan agsadmin@agsnuwelewe.org.za